Jy word hartlik uitgenooi om
te kom deel in die vreugde
van ons liefdesbeloftes.
Julle is nie net gaste hier nie, maar is
ook deel van die storie wat ons vandag
tot hier gebring het.
Met harte vol liefde en deur God se genade wat die pad lei, nooi ons jou met groot vreugde uit om deel te wees van die viering van ons huwelik.
Die begin van ons vir altyd, saam met ons gunsteling mense.
Met liefde,
Hanél & Chappo
Ons trou by Blomfontein, die venue spog met genoeg slaapplek om al ons gaste te akkommodeer. Dit sal vir ons lekker wees as julle dit 'n naweek daarvan maak. Ons skop sommer al die Vrydagaand af met 'n braai.
Ons moedig ons gaste aan om op die venue oor te bly, daar is genoeg slaapplek vir almal. Die pryse van die kamers wissel tussen R800 en R1300 per nag en kan twee tot ses mense akkommodeer. Ons sal verantwoordelik wees vir die kamerindelings.
Ons vra vriendelik dat akkommodasie-betalings met aankoms by die venue vereffen word.
Ons hou 'n bring en braai. Bring asseblief julle eie vleis en drinkgoed, bykosse sal voorsien word.
Blomfontein bied heerlike ontbyt wat met aankoms by ontvangs bespreek kan word.
Fyner reëlings sal nader aan die tyd
gekommunikeer en bevestig word.
Ander Belangrike Inligting
Kinders slegs per uitnodiging, maar moet asseblief nie huiwer om ons te kontak wanneer dit daar nie alternatiewe reëlings getref kan word nie.
Julle teenwoordigheid by ons spesiale dag is die grootste geskenk aan ons. Sou julle ons met 'n bydrae vir ons toekoms wil seën, sal dit uit ons harte waardeer word.
Ons nooi ons gaste uit om semi-formele drag aan te trek.
Midi/lang rokke of elegante uitrustings. Vir gemak en styl is blok- of wighakke ideaal. Sneakers is welkom sodra die dansvloer oopgemaak is.
'n Kraaghemp met 'n chino of formele broek en netjiese skoene. Dasse en baadjies is opsioneel.