Hanél en Chappo
Jy word uitgenooi!
10.10.2026  ·  15:00
BLOMFONTEIN, CRADOCK
RSVP

Jy word hartlik uitgenooi
om saam met ons, ons
huweliksbevestiging te vier.

Jy is nie net 'n gas nie, maar jy
is deel van ons storie.

Dankie vir elke lag, gebed, oomblik van liefde en bemoediging wat ons gevorm en gelei het na hierdie dag. Deur God se genade en harte vol liefde, word jy uitgenooi na ons huweliksbevestiging.

Ons is opgewonde om hierdie spesiale dag met ons hartsmense te deel.

Met liefde,
Hanél & Chappo

Ons troudag
10 Oktober 2026
15:00
Blomfontein, Cradock
Kapel illustrasie

Ons troue vind plaas by Blomfontein-trouvenue. Die venue bied genoeg verblyf aan al ons gaste en dit sal lekker wees as julle 'n naweek daarvan maak. Ons skop die Vrydagaand af met 'n bring en braai en sien uit om saam met almal te kuier.

Ons moedig ons gaste aan om van die verblyf op die venue gebruik te maak.

Hanél en Chappo
Braai
Vrydag, 9 Oktober 2026, 18:00

Ons hou 'n bring en braai. Bring asseblief julle eie vleis en drinkgoed, bykosse sal voorsien word.

Jou Akkommodasie

Die kamers se kostes wissel tussen R800 en R1300 per nag en kan twee tot ses persone akkommodeer. Ons sal verantwoordelik wees vir die kamerindelings. Die betaling van akkommodasie kan gedoen word sodra julle by die venue aankom.

Ontbyt
Saterdag- en Sondagoggend,
10 en 11 Oktober

Blomfontein bied heerlike ontbyt wat met aankoms by ontvangs bespreek kan word.

Finale reëlings sal nader aan
die tyd bevestig word.

Ander Belangrike Inligting

Kinders slegs per uitnodiging, maar moet asseblief nie huiwer om ons te kontak wanneer dit daar nie alternatiewe reëlings getref kan word nie.

Julle teenwoordigheid by ons spesiale dag is die grootste geskenk aan ons. Sou julle ons met 'n bydrae wil seën, sal ons dit waardeer.

Bankbesonderhede:
Standard Bank
H Mans
10 16 404 773 3

Ons nooi ons gaste uit om semi-formele drag aan te trek.

Dames

Midi/lang rokke of elegante uitrustings. Vir gemak en styl is blok- of wighakke ideaal. Sneakers is welkom sodra die dansvloer geopen is.

Here

'n Kraaghemp met 'n chino of formele broek en netjiese skoene. Dasse en baadjies is opsioneel.

Kontantkroeg met kaartfasiliteite beskikbaar.

dae
ure
min
sek